Referees

Want to become a referee? Contact Gerhard Oosthuizen on 082 410 5140.

                                                  

 

Kriteria vir Skeidsregters wat optree tydens die SA Skole toernooi

 08 Februarie 2019

Alle Ringbla Skole Besture,

Die volgende kriteria is van toepassing vir Skeidsregters wat tydens die SA Skole toernooi optree.

1.   Moet RingbalSA Nasionale eksamen geslaag het en praktiese evaluasie geslaag het.

2.   Moet deur die betrokke Distrik Skole Bestuur genomineer word. (Betrokke wees by Distrk se skole ligas).

3.   Die Nominasie Vorm sal die volgende inligting bevat.

a.   Volle naam en van.

b.   ID Nommer.

c.   Aantal diensjare (By skole)

d.   Kontak nommer.

e.   E-pos adres

 

4.   Stappe vir ‘n beginner om by SA Skole toernooi op te tree

a.   Raak betrokke by skole liga in jou distrik.

b.   Skryf distrik eksamen en evaluasie (Distrik Besture doen hierdie eksamen)

c.   Volgende stap is Federasie vraestel. Word deur Federasie/SA Skole Skeidsregters Bestuur hanteer na aanbeveling vanaf Skole Distrk Bestuur.

d.   Nasionale eksamen – Word deur Distrik Bestuur aanbeveel. Eksamens en praktiese evaluering word deur SA Skole Skeidsregters Bestuur hanteer.

5.   Stappe vir ‘n huidige Snr Liga Skeidsregter om by SA Skole toernooi op te tree.

a.   Raak betrokke by skole liga in jou distrik.

b.   Punte b tot d. Werk deur jou Distrik se Snr Skeidsregter Bestuur.

Groete en sterke vir 2019

 

Corrie Potgieter

Voorsitter

Ringbal SA Skole

Skeidsregters Vereniging